FBI call hacked by suspected Anonymous activists
Ek le nou hier in die bed en dink so by myself met manlief wat saggies kruwel en sug terwyl hy wegry op Slaap se rug.
Kersie wat brand, sy vlammetjie dans in die fan se wind. Kan ‘n vlam leef? Die een doen. Dis ‘n sy. Haar naam is Vlam.
Sy is mooi.
Ek is wie ek is.
Ek mag gelukkig wees. Ek verdien om gelukkig te wees. Dis my reg. Ek mag leef. Ek mag begin gemaklik wees in my vel.
Ek mag gelukkig wees.
Manlief is nou weg, die slaap het hom veilig in sy arms toe gevou. En ek wonder hoekom dit gevoel het asof ek oor ‘n hindernis moet spring om (daardie) boonste paragraaf te tik.
Idioot! Ek gaan deur jare se absolute kak om tot die besef te kom dat die probleem nie iets is nie, maar ek is! Ek kyk verkeerd na die lewe, dis asof ek myself straf vir dinge waarvoor ek lankal met tyd en bloed betaal het.
Ek verdien my lewe, en ek mag dit geniet. Fok die res.
Jy kan jouself dood dink. Emosioneel ook.
~Geplaas vanaf ‘n Blackberry~ Francois Rademeyer ©2012
Ek weet hoe seer ‘n ander se oordeel kan maak, en daarom sal ek nie oordeel uitspreek oor iets wat ek nie ten volle begryp nie.
Liefde kom voor in ‘n soveel vorme dat dit nie kan opgesom word nie.
Ons sal nooit ‘n ander se hart ten volle kan begryp nie.
Leef in ‘n gees van sagmoedigheid, en wees traag om oordeel uit te spreek. Om te oordeel was nog nooit ons as mens se plig nie.
~Geplaas vanaf ‘n Blackberry~ Francois Rademeyer ©2012
Waar het dit heen verdwyn? Dis net weg!
Ek het iewers iets groot verloor, en ek twyfel of ek dit ooit weer sal terug kry.
Jongmense besef nie altyd dat as jy n dag te vroeg seks het, of rook, of drink, jy iets onvervangbaar laat afsterf nie.
Iets wat jy nooit weer sal kan vervang of terug kry nie.
Ek het iets mooi omtrent myself verloor as gevolg van die pad wat ek gestap het. Ek het my vertroue in ander se goedheid op Hillbrow se strate saam met selfone verkoop teen belaglike pryse.
Ek het my naasteliefde uitgebloei saam met elke naald wat ek uit my arm getrek het.
Ek het (daardie) sagtheid wat jy het vir die waarvoor jy ongelooflik lief is verloor. Eintlik, dis meer dat ek die vermoë om dit te kan wys verloor het.
Dit is weg, en ek kry dit nie terug nie.
In my kop gee ek om, in my hart het ek liefde so ongelooflik diep. Ek kan dit net nie wys nie, en al probeer ek hoe, dit bly ongemaklik as ek probeer.
Word ons mans so as ons ouer word? Is dit n normale deel van ons hormonale evolusie? Is dit wat dit is om ‘n man te word?
Dalk is dit hoekom mans so in beheer is, hulle kan net nie wys wat in die hart aangaan nie. Ek is nou eers in die vroeë dertigs, en ek kyk terug na my twintigs en se dankie Vader dit is verby.
Kakste tyd van n mens se lewe. Jy probeer jou voete vind, jou punt nat kry, en suip die res mis. Ek onthou amper net die gemors wat ek aangejaag het, of die gevolge daarvan.
Nie omdat ek selektief is nie, inteendeel, dis al wat daar is om te onthou van my twintigs!
Nogtans mis ek die tyd toe ek kon opstaan met ‘n lag in my hart. Seer kon kry oor kak, en my hart uithuil daaroor.
Ek het meer van myself gehou toe ek nog kon huil.
Posted with WordPress for BlackBerry.
Ek sien so baie dinge deur die dag as ek nie naby n rekenaar is nie, dat ek besluit het om die blog oop te maak net vir die snaakse foto of twee wat mense nie altyd besef jy neem nie. Geniet dit!