terwyl ek leef

geplaas vanaf my foon

iewers was ek mens

Waar het dit heen verdwyn? Dis net weg!

Ek het iewers iets groot verloor, en ek twyfel of ek dit ooit weer sal terug kry.
Jongmense besef nie altyd dat as jy n dag te vroeg seks het, of rook, of drink, jy iets onvervangbaar laat afsterf nie.

Iets wat jy nooit weer sal kan vervang of terug kry nie.

Ek het iets mooi omtrent myself verloor as gevolg van die pad wat ek gestap het. Ek het my vertroue in ander se goedheid op Hillbrow se strate saam met selfone verkoop teen belaglike pryse.

Ek het my naasteliefde uitgebloei saam met elke naald wat ek uit my arm getrek het.

Ek het (daardie) sagtheid wat jy het vir die waarvoor jy ongelooflik lief is verloor. Eintlik, dis meer dat ek die vermoë om dit te kan wys verloor het.

Dit is weg, en ek kry dit nie terug nie.

In my kop gee ek om, in my hart het ek liefde so ongelooflik diep. Ek kan dit net nie wys nie, en al probeer ek hoe, dit bly ongemaklik as ek probeer.

Word ons mans so as ons ouer word? Is dit n normale deel van ons hormonale evolusie? Is dit wat dit is om ‘n man te word?

Dalk is dit hoekom mans so in beheer is, hulle kan net nie wys wat in die hart aangaan nie. Ek is nou eers in die vroeë dertigs, en ek kyk terug na my twintigs en se dankie Vader dit is verby.

Kakste tyd van n mens se lewe. Jy probeer jou voete vind, jou punt nat kry, en suip die res mis. Ek onthou amper net die gemors wat ek aangejaag het, of die gevolge daarvan.

Nie omdat ek selektief is nie, inteendeel, dis al wat daar is om te onthou van my twintigs!

Nogtans mis ek die tyd toe ek kon opstaan met ‘n lag in my hart. Seer kon kry oor kak, en my hart uithuil daaroor.

Ek het meer van myself gehou toe ek nog kon huil.

Posted with WordPress for BlackBerry.

Single Post Navigation

5 thoughts on “iewers was ek mens

  1. “ek het van myself gehou toe ek nog kon huil” Ja, inderdaad…

  2. Namaste on said:

    ek huil ook nie meer nie

  3. Dis nie net ‘n man ding nie……

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 642 other followers